WELKOM ALLE SUID-AFRIKAANSE MUSIEKLIEFHEBBERS
Is jy gereed om in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en kunstenaars, van toeka tot nou, se geskiedenis, verhale en musiek te delf? Wel ek is Marius De Vos, ‘n stoere musieknavorser, skrywer, versamelaar en radio omroeper, wat jou graag op hierdie unieke musiekreis wil neem. Op hierdie platform lees en luister jy nie net musiek nie, jy leer die gees en siel daaragter ken. Verken en geniet saam met my die merendeels onverkrygbare inligting en liedjies. Met hierdie blad poog ek juis daarin om my byna 40 jaar se navorsing behoue te laat bly, en ook om skaars musiek aan jou beskikbaar te kan stel.
Deur net aan te sluit vir R20.00 per maand het jy die eksklusiewe voordeel van onbekombare inligting, die interessantse musiektrivia denkbaar, liedjies wat jy kan luister wat nêrens anders beskikbaar is nie, en jy help boonop om ons ryke musiekgeskiedenis se inligting te bewaar! So ek nooi alle ware musiekliefhebbers… kom stap die goue musiekspoor saam met my!

